‘n ERA IS VERBY

Buurvrou - Tannie Andre.
So gaan die tyd. As hulle jou eers begin Tannie noem dan weet jy waarheen die tyd vlieg. My storie begin eintlik in 1996 toe ons Buurvrou se oudste dogter hier aankom & werk soek.
So lank gelede, ek kan nie heelwat onthou nie, maar dit was die begin van ‘n stroom slimkop dogters. Ja, Buurvrou was nogals besig op haar dae en julle moet darem onthou dit was nog voor televisie.
Tannie Andre, ons buurvrou en naamgenoot aan onse pa, is die oulike tannie wat ons die voorreg gegee het om 3 van haar 4 dogters naweke besig te hou.
Eerste was Jacomien aan die beurt. Party sal haar nog onthou as Doesie, Kardoesie of Jakes. Sy’s nou die enetjie wat die bal aan die rol gesit het en ons oorreed het dat ons naweke haar baie goed kan benut. Nou ja, so het dit gekom ……
dat sy haar ingewerk het in ons harte en in die van ons gaste sin. Sommer so tussen deur vir my bietjie geleer het van boekhou (daai tyd nog per hand) en saam het ons geshop en te kere gegaan om die oordwinkeltjie en kroegie aan die gang te hou.

Doesie
Ek kan nog goed onthou die dag toe sy die Captain Morgan bottel wou omruil in die bar. Kardoef! Daar lê ou Captain in stukke op die sement vloer en Jacomien loer met ‘n wit spook gesig om die draai – amper in trane met 200 verskonings later het ek haar oorreed om net ‘n ander een te vat en op te sit.
En die dag toe ons op die My Lady braai vir ‘n konferensie groepie – Gloep! Gloep! Gloep! Daar neuk die drie stukke wors in die dam en nogals op die oomblik wat die mense doodstil is. Ons maak toe maar of dit visse is wat gespring het en sny die worsies middeldeur om dit meer te laat lyk.
Vir Doesie kon jy altyd iewers in ‘n stil hoekie kry, sigaret in die hand en tuur in die toekoms – so al asof daar nou iets oor die horison gaan aankom wat haar kommers sal wegneem. Maar nou ja, die horison het haar gesteel Engeland toe, maar darem nie voordat sy vir Eleanor kom aflewer het nie.

Ella gooi 'n pose!
Nou Eleanor, of Ella, of Plastieksakkie (Doesie is mos nou kort vir kardoes wat papiersakkies in die ou tyd was – of hoe seg ek nou Tallies!) was ‘n jong meisiekind toe sy hier begin het. Koppe langer as ousus, val sy oor die grens na ons kant toe so in die millennium. Sy kon maklik gaan movies maak het as Rekman se vrou. Ja, nee sy was orals op een slag en het sommer paar keer vir onse Baas laat een kant toe staan terwyl sy met een hand die dop gooi, die ander hand die yskas nader vir ‘n coke en dan nog met die een voet die onderste yskas oopmaak om water uit te haal.
Ella was die midnight special, soggens het sy nog ge-op maar as die son sak, dan skyn die sterretjies in sy ogies op die uitkyk vir ‘n after party. Baas het gepraat maar Ella was te vinnig – so vinnig dat sy een aand met ‘n after party bo-oor die paaltjie heining by die karavaan park donner toe die Baas daar kom stilmaak. En ook nie hoe nie, toe die Baas haar gat draai besluit sy mos dat sy haar dop langs die vuur vergeet het en wraggies donner sy weer oor die pale.
Nou Ella het baie simpatie gekry van die gaste – die kind was dan 4 jaar in matriek en kom dan nie verder nie. Soos baie weet was en is die kind van tannie Andre nie op die bek geval nie. Iewers tussen groot mens geselskap tanne getel en gehoor jy moet 18 wees om in ‘n kroeg te kan werk. Sy’t geweet sy konnie lieg oor die feit dat sy nog in die skool is nie, maar sy kan mos maar vertel dat sy nou 2de of 3rde of 4de jaar Matriek is.
Neitjie & haar honde model!
En met die slimgeid het sy baie gou ‘n baba oppasser gereël vir Andy toe hy by ons aanland in 2002. Sy’t mos nog ‘n sussie wat net sit en naels kou by die huis en op ma Andre se senuwees werk. Sy belowe vir Ma dat sussie kom honde oppas terwyl sy werk. So begin sussie dan ook.
Ja ou Ella was nog altyd ‘n bok vir sports en ook ‘n sagte plek in baie se harte verower. So by so dat een stoute mannetjie haar hart hier gesteel het en dit sukkel maar met die kommunikasie Kaap se kant toe.
Nou Arne, gedoop in die begin kondoompie – moet nou nie tret verloor nie! Ons het gehad vir Kardoesie, Plastieksakkie en siende dat die wetenskaplikes nog nie ‘n verbetering gevind het hierop nie het Tallies besluit dis nou Kondoompie. Kondoompie is mos amper soos ‘n klein plastiek sakkie.
Neitjie, so gedoop deur Andy, het omtrent hond opgepas hier by ons. Sy het so mooi na Andy gekyk dat Ouma, die Baas, haar betaal het om die kind besig te hou. Ma, Andre het natuurlik net nooit verstaan wat met die Serdyn’s aangaan om nou honde oppassers aan te skaf nie. Sy het maar die storie so laat gaan en ons het eers van die storie te hore gekom met Neitjie se laaste braai.
Ella het gou-gou vir Neitjie geleer til slaan en so het Ouma se kinderoppasser die gaste begin bedien op die ouderdom van toonbank hoogte. ‘n Stil, soet dogtertjie wat jou nooit in die oë kon kyk nie het so ontpop dat sy sommer maklik vir Kobus sal vertel waar Dawid se wortels lê en dat dit tyd is dat hy opstaan en sy eie dop gooi.

Ons twee stout gatte.
Neitjie & Lize (ons oord se eersgeborene) het die laaste paar jaar die winkel, bar en sosiale aangeleenthede met oordrif aangepak en almal happy gehou. Maar ek wil nie te veel van die twee praat nie – nieteenstaande die feit dat hulle nou al paar keer Neitjie se laaste – koppie koffie, ete, drankie of iets dergliks geniet het, sien ons hulle darem nog so af-en-toe.
En moenie worry nie – julle sal hulle ook te siene kry – ek & Neitjie het darem so 3 Vrydae terug ‘n taamlike partydjie in Swarries opgeskop. Sorry vir die wat uigemis het. Dit was darem nie die laaste ene nie!
Neitjie se sms boodskap aan ons van Stellenbosch af: “Hello. Wil darm laat weet dat ek nog lewe en dat ek nie van jul vergeet het nie. Die doop was erg, maar het dit oorleef. Het min geslaap die afgelope tyd, omdat ons blommetjies gemaak het, universiteit goed bygewoon het en gedurig geskakel het met die seunskoshuise. Het gister oggend eers half 6 in die bed gekom en net 2 ure na dit reg gemaak vir die optog vir die vlotte. Het alles geniet. Loop so af en toe mense raak van die dam. Geniet die dag en groete aan al die bekendes.”
Nou ja soos ek sê, dit is nog nie die laaste van die tweetjies nie. Lekker swot Neitjie en sien jou eersdaags hier! Kan nou nie vir Lize voorspoed toewens met die vryery nie want dan sal haar oumense my kop afsny!
Tot weersien julle.
Caren
- Buurvrou – Tannie Andre.
- Doesie
- 2de dogter, Vlooi se troue!
- Ella – die hairdresser!
- Ella gooi ‘n pose!
- Ella die Bakster!
- Ella maak vir Andy spikes!
- Ella aan die pose weer!
- Neitjie & Lize pas Andy op!
- Neitjie by see saam met Andy
- Neitjie die honde oppasser?!
- Neitjie & haar honde model!
- Neitjie & Andy was by Spur!
- Neitjie die Juffrou!
- En kon hulle twee uitpak!
- En net so soet saamspeel!
- Lize & Neitjie uitgevat vir Andy se Tarzan parteitjie!
- Neitjie leer Andy wegspring by atletiek.
- Fiets trap op Kersfees.
- Foto mal in die Taljaard huishouding!
- Neitjie se tweede hondjie?!
- Neitjie leer Angelique pose.
- Neitjie wys haar skaapdrolletjie!
- Nuwe jaar saam met die manne!
- Ons twee stout gatte.
- Neitjei gooi ‘n Ella move!
- En dan haar eie move!?
- Saam met oom Oros
- Kry ‘n les in computers?
- En ja die slagdag!
- Neitjie dink diep!
- Net hulle sal weet…..
- Reg vir Stellenbosch!




























