Johanna's Favourite!
Bella Vista kom kuier by Misverstand!

En het die klomp Golden Oldies dit nou geniet. Die bus rit was blykbaar ‘n adrenalien rush op sy eie.
Ons pad was so klein bietjie in sy kanon na al die reën maar hulle het darem veilig hier by ons geland.
Sommer met die intrapslag is daar klomp vrae gevra en baie van – “Onthou jy my nog – ek was laaste keer ook hier maar nou lyk die tuin mooi!”
Johanna’s Favourite begin met die koffie en biltong wat bedien word en ons kon die heimwee van die verlede sien terugkruip in hul oë.
Elke man het ‘n ander stories oor die koppies wat van heinde en verre kom. My ma se versameling tee & koffie koppies nou. Hulle oe en aah oor elke een en stories van kinds word gedeel met ons.

Almal op die boot
Dit is tog heerlik om so ‘n groep te ontvang. Alles is reg en niks kon beter wees nie. Toe ons praat van die boot toe sluk die helfde sommer die stomende koffie af en charge dam toe want die boot gaan nou ry. Die een oom is so opgewonde hy het sommer die eerste vrou gevat en ‘n paar steps gemaak op die boeremusiek.
Die res het heerlik gesmul aan al die lekkernye wat ons bedien het. Gelukkig vir ons het die weer baie lekker saamgespeel en dit was toe glad nie nodig vir al die komberse nie.

Karioki
Terug by die saal sou ons Bingo speel maar die jong groepie was lus vir karioki en toe sing ons dat die biesies bewe. Hier en daar was ‘n liedjie wat nou glad nie byval gevind het nie maar die meeste ou liedjies het hulle geken, die tune gevat en op loop gesit daarmee.
Na die middagete en die poeding was dit magies vol en ogies toe. Hulle het die laaste draaie gestap, nog ‘n plantjie heir en daar bespreek en die bus geklim.
Baie dankie aan Bella Vista vir hulle ondersteuning – ons hoop om julle weer gou hier te sien.
Groetnis en tot weer siens,
Caren
