Miskar??
Ons beplan ‘n Miskar kompetisie einde April.
Die fisiese kompetisie sal eers die Maandag gehou word. Verskeie kategorieë

Bietjie ghries hier ...
sal beoordeel word maar daarvan sal ons julle nog later baie mooi vertel.
Die naweek gaan bestaan uit bou & karretjies aanmekaar spyker – toetslopies & dryflopies? Sondag rus almal en Maandag namiddag so teen 3 uur se kant gaan die sports begin.
Ons gaan lekker pryse soek en enigiemand wat kontakte het in die verband of idees kan my ter enige tyd kontak.
So trek solank julle planne op – die belangrikste om te onthou is die volgende: Jy moet hom kan optel, jy moet hom kan ry en hy sal moet dryf!
Die oorsprong van die idee het gekom van die kiekies wat Rob vir my deurgegee het om saam met die Desember pret te publiseer – so hier is ‘n paar ……..
- Bietjie ghries hier …
- Toets hier, draai daar …
- Lyk hier kort nog iets….
- What a beauty!
- Hou hom so!
- Lê bietjie terug…..
- Vat nou die draai….
- Slat die water….
- Gaan hy, gaan hy….
- Toe nou …
- Miskien …..
- Ag nee, hy dryf noggie!!!












