Club Elani News and Events

THE place for FUN in the SUN at Misverstand Dam, Moorreesburg

Skaapkop – November 2009

January24

ELANI SKAAPKOPPE BO!!

Die man wat alles begin het.

Die man wat alles begin het.

Moes nou eintlik al lankal vir julle vertel het van hierdie liplekker aand.  Dit was nou wraggies lanklaas dat ons soveel afval gekook het met soveel mense wat omtrent net afval & nogmaals afval eet & eet!

Dit het alles begin een aand in Swarries bar en met die dat Kobus toe so “brag” oor sy koppe wat ons kook toe wil die local boertjies ook kom proe.  Ons maak toe so effens van ‘n grappie en vertel vir die mannetjie as hy nou 20 koppe vat dan maak oons ‘n aand daarvan.

Wel, ‘n maand later sit ons met die dag op hande en soek Mandy skaapkoppe teen ‘n hoë tempo.  Gelukkig kry ons toe genoeg en die kombuis begin met die voorbereiding van die ……….

Die koppe is gereed vir bediening!

Die koppe is gereed vir bediening!

50 skaapkoppe en voete en afvalle.  Ons het omtrent speserye ingevryf en oortjies afgesny.  As ek nou mooi onthou was daar toe so 45 vooruit bestel en die laaste 10 is vir take aways ingepak.  Arme Kobus wat toe so gebrag het, het toe nie eens ‘n ou koppie gekry om te proe nie.

Maar praat van take aways – toe die manne hoor dat ons afval en pote ook op die menu het toe bestel hulle eerder dit.  Arme Billy het omtrent koppe toegedraai want die vooraf bestellings is toe alles weggeneem en net ‘n paar is hier ge-eet.

En met die dat ons local boertjies toe so lekker smul het ‘n paar cityslickers ook gewys dat hulle van staal gemaak is en koppe bestel.  Man was dit nou orgasmatories sal ou Frikkie sê!  Die jong boere het toe hulle voorsate amper in die grafte laat omdraai van trotsheid toe hulle met spesiale kop knipmesse die cityslickers wys hoe om die kop oop te kry om by die “koningskos” – die breins uit te kom.

Mag ek my trofee saamneem huis toe!

Mag ek my trofee saamneem huis toe!

Dan word die oop kop soos ‘n nagmaal beker om die tafel gestuur en elke man proe so huiwerend aan die breins.  Dat hulle met ‘n smile hier weg is was verseker.  Amper soos grootwild jagters het hulle gepronk en vroulief moes maar “inzoom” van so ‘n half myl ver af om die trofee (’n kaal ge-ete skedel) af te neem.

Slegs een klein ongelukkie toe die een boertjie oorhaastig die knipmes indruk in die skedel toe glip die lem in sy hand in.  Dit was omtrent ‘n sny en ‘n half maar hy was die volgende dag terug met ‘n paar steke ryker vir die Sondag middag Buffet.

Die aand was ‘n groot sukses en ons herhaal dit aan die einde van Februarie die jaar.  So vir ‘n experience of a lifetime – bespreek nou sodat ons jou kop vir jou kan hou!  En as die kop nou nie die aantrekkingskrag is nie kom dan net om te sien hoe die manne sit en smul.

Sien julle einde Februarie!!

Share this Post with Your Fans and Friends:
  • Facebook
  • Twitter
  • Google Bookmarks
  • RSS
  • Live
  • MySpace
  • del.icio.us
  • LinkedIn
  • MSN Reporter
  • Digg
  • Reddit
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • Yahoo! Bookmarks
  • Yahoo! Buzz
  • FriendFeed
  • Blogosphere News
  • email
  • Add to favorites
Posted in General Chatter
7:00 pm, January 24, 2010

You must be logged in to post a comment.

 

Signup for our News Alerts

If you would like to do the following:

  • Add your comments to a post or
  • Get automatic E-mail News Alerts whenever our Calendar changes or a new post is added to our News Blog

Then you must please Register on our Blog! No more excuses for not knowing what's going on at Club Elani!

You will receive an E-mail after registration with your details. Please remember to add our E-mail address to your address book to ensure that our mails dont get dumped!.

You must Log In to be able to post a comment on any of the posts on our News Blog.