Club Elani News and Events

THE place for FUN in the SUN at Misverstand Dam, Moorreesburg

TIERSEN’S 50ste MEI 2010

May20
Die hoof plannemaker!

Die hoof plannemaker!

So kom en gaan die tye ook – daar raak Tiersen toe 50 en hy besluit om dit by ons te vier.  Die partydjie het al Vrydag aand begin met ‘n regte Misverstand Braai.  Toe die tannies die vleis opsit ontdek hulle daar is nog ‘n hele caserol vol rou vleis oor – maar die manne is skoonveld.  Almal in Swarries laer getrek sodat die tannies nie een op ‘n slag kon skel nie.  En met die meerderheid het hulle toe ook sommer besluit die musiek moet nou speel – klaar met die rugby en tennis ons dans nou.

Dit is hoe ou Rooikappie ons toe gekry – al met die swaai en die draai – Tallies natuurlik agter die toonbank al wiegende toe ou Rooikappie haar verskyning maak met……..

natuurlik die skuldige self uitdrukking op die gesig.

Ons het ons toe maar uit die voete gemaak.  Die locals het bietjie gesukkel om die alombekende reël te verstaan maar daai tyd van die aand word sulke reels nou glad nie gebreek nie.

Saterdag het ons gewoeskaf om die saal reg te kry en wat ‘n pragtige uiteinde.  Die party was ‘n allemintige sukses met geen ongevalle nie.  Dis nou geen persoonlike ongevalle – so 6 glase en 1 poedingbak later het ons toe eers hier by 3 uur die laastes uitgekry.  Toe nog kandelare afskroef en halfpad oppak van Sondag is mos ons eie bekende Boetie se Kombuis se buffet.

Dit was eerlik ‘n baie lekker naweek saam met die locals en ek hoop ons sien nog baie van julle hier.  Baie dankie vir die ondersteuning.

Bekyk bietjie ons steel fotograaf se album ….


Share this Post with Your Fans and Friends:
  • Facebook
  • Twitter
  • Google Bookmarks
  • RSS
  • Live
  • MySpace
  • del.icio.us
  • LinkedIn
  • MSN Reporter
  • Digg
  • Reddit
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • Yahoo! Bookmarks
  • Yahoo! Buzz
  • FriendFeed
  • Blogosphere News
  • email
  • Add to favorites
Posted in General Chatter
11:05 am, May 20, 2010

You must be logged in to post a comment.

 

Signup for our News Alerts

If you would like to do the following:

  • Add your comments to a post or
  • Get automatic E-mail News Alerts whenever our Calendar changes or a new post is added to our News Blog

Then you must please Register on our Blog! No more excuses for not knowing what's going on at Club Elani!

You will receive an E-mail after registration with your details. Please remember to add our E-mail address to your address book to ensure that our mails dont get dumped!.

You must Log In to be able to post a comment on any of the posts on our News Blog.